Berading
By Life gemeente is ons passie dat mense werklik Jesus sal ken en groei in hul verhouding met Hom. Ons glo dat Jesus almal wat emosioneel gewond is gesond wil maak. Die woord sê dat as die Seun jou vrygemaak het, sal jy waarlik vry wees. Ons harte is dat mense in Life vry sal word van alles wat hulle vashou om waarlik die roeping van hul lewens te kan uitleef en die volheid van God in hul lewens te ervaar.
Ons het voltydse personeel wat beskikbaar is om jou by te staan en help met die proses tot genesing. Vir meer inligting, kontak Lérie Coetsee by 016 9311239 (8:00 - 13:00)